Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koppe stamp in Streekliga

Koppe stamp in Streekliga
 
2010-04-15


YOUNG GARDENS het Saterdag die 2010 rugbyseisoen op ’n wennoot afgeskop toe hulle Violets Rugbyklub oortuigend geklop het op die Daljosafat-stadion, in ’n Paarl Streekliga-kragmeting.

Gardens het 21-10 geseëvier, ná hulle teen rustyd met 7-3 voorgeloop het.

Violets het eerste bloed geruik toe Bradwill Swart ’n strafskop deur die pale gejaag het.

Gardens het die eerste helfte egter afgesluit met ’n puik drie deur Ashwill Abrahams, wat deur Justin van Schoor verdoel is.

In die tweede helfte het Gardens, met Chris Fortuin, Johan Alphons en Abrahams aan die spits, die oorhand geneem.

Abrahams en Fortuin was verantwoordelik vir Gardens se ander drieë, met Van Schoor wat beide drieë verdoel het.

Violets se William Hendricks het in die laaste tien minute ’n drie behaal, wat deur Swartz verdoel is.

* Die manne van Windmeul United het Saterdag die seisoen met oorgawe afgeskop, toe hulle op hul tuisveld ’n weghol-oorwinning behaal het oor Allandale.

Die eindtelling was 36-3 in Windmeul se guns.

Windmeul se drieë is gedruk deur Enrico Pietersen, Keith Cornelissen, Jerome Matthyse, Shane Simonse en Jannie Williams.

Ander spelers wat ook uitgestaan het aan Windmeul se kant is John Jantjies en Adrian Solomons.

Windmeul se tweede span moes met 12-15 die knie buig teen Allandale II.

* Met vyf drieë teenoor drie het die span van Riverstones Saterdag met 29-15 klaargespeel met Pêrel United op Daljosafat se A-veld.

Riverstones II het 17-3 gewen en Riverstones se derde span het 22-0 gewen.

* Laer Paarl (Blues) en Vineyards Rugbyklub het op die Daljosafat C-veld ’n gelykop uitslag behaal met 11-elk.

* Op die Daljosafat D-veld, het Young Standards vir Simondium met 36-27 getroef.

* Albions het ’n loslootjie gehad.

) Eerskomende naweek pak Vineyards vir Standards (Daljosafat-stadion), Violets pak Windmeul (Dal C), Pêrel United speel teen Albions (Dal D), Allandale teen Laer Paarl (Allandale), Simondium teen Riverstones (Simondium) en Gardens het ’n loslootjie.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za