Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mode-ontwerper gearresteer

Mode-ontwerper gearresteer
 
2005-09-15


DIE Paarlse klere-ontwerper Bertha van der Westhuizen is in hegtenis geneem vir die diefstal van R600 000 van ’n bejaarde weduwee.

Van der Westhuizen (nou middeljarig) het jare gelede ook met die gereg gebots op aanklagte van bedrog, waarvoor sy tronkstraf uitgedien het.

Sy moes toe haar woning in Lemoenkloof opgee toe sy gevonnis is, en het glo in die tronk kleremakery geleer.

Van der Westhuizen is bekend vir haar kleremakerswinkel Ber-Wilhelm in die PAT-gebou regoor die Paarlse biblioteek, en haar uitsonderlike bruidsuitrustings.

Toe sy in 2002 op aandrang van ’n bejaarde vrou ’n trourok en bruidsmeisieklere gemaak het, het die twee bevriend geraak.

Die vrou is glo oorreed om haar aftreegeld te belê in ’n sogenaamde trust wat oor twee jaar heelwat opbrengs sou lewer.

Toe die vrou verlede jaar egter die geld benodig, was daar van die fondse geen spoor nie, ook nie van Van der Westhuizen nie.

Die weduwee moes intussen haar huis in ’n aftree-oord in Gordonsbaai opgee en by haar kinders intrek.

Paarl speur-insp Cassie Carstens het Van der Westhuizen uiteindelik by ’n familielid in Caledon opgespoor, waar daar glo nog R100 000 geleen is.

Die beskuldigde het glo gehoop om verlede jaar uit haar toe pas-gestorwe voormalige eggenoot se boedel te erf, maar daar was geen polis wat uitbetaal kon word nie.

Sy is voor die Paarlse Landdroshof gebring, waar sy verlede week op borgtog van R4 000 vrygelaat is tot die volgende hofverskyning.

Volgens insp Carstens het daar reeds ander klaers na vore gekom met inligting oor geld wat hulle na bewering aan die hand van Van der Westhuizen sou verloor het. Navrae kan gerig word aan insp
Carstens by 807-4000.

* A Paarl woman has been arrested for fraud.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za