’n AUSTRALIËR wat sy doktersgraadtesis oor taaltoerisme skryf, is vir drie maande in Suid-Afrika om op die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl te fokus.
Stephen Smith is van die Skool vir Toerisme- en Hospitaliteitsbestuur by die Southern Cross Universiteit in Lismore. Hy stel belang in die publiek se siening en interpretasie van die Taalmonument en nooi die publiek uit om hul gevoelens oor die monument aan hom te stuur. Op 18 April, Internasionale Monumentdag, stel die Taalmonument ’n besoekersvraelys bekend wat deel van Smith se navorsing uitmaak. Kontak Stephen Smith by 083-965-7594.