Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugby hardloop opponente plat

Paarl Rugby hardloop opponente plat
 
2010-04-15


PAARL RUGBYKLUB se spanne het Saterdag op Faurestraat die nuwe seisoen op ’n hoë noot afgeskop, toe al hul spanne weghol-oorwinnings oor Stellenbosch-Coronations behaal het.

Paarl se eerste span het 78-5 gewen, die tweede span 57-0 en die derde span met 58-0.

Tydens die eerste span-wedstryd het die Stellenbossers eerste bloed geruik, te danke aan ’n onderskep-drie. Dit was egter ook hul laaste punte.

Paarl het dié wedstryd voor- en agterlangs oorheers.

Aanvanklik was die besluitneming tussen die agterspelers nie na wense nie, maar dit het verbeter en veral in die tweede helfte is daar ’n paar skouspelagtige bewegings opgelewer.

Agter ’n wenpak-voorspelers het Lionel Hugo (agsteman) gedy en is hy as speler van die wedstryd aangewys.

Andrie Greeff (slot) was ook ’n toring van krag in alle fasette van die spel.

Agterlangs het Louis Schlechter (senter) baie voortreflike spel gelewer.

Schlechter se skopwerk pale toe was uitstekend en hy het slegs met een poging, vanaf die kantlyn, nie raak gekorrel nie.

Oor die algemeen was dit ’n baie belowende begin vir die seisoen en het Paarl voorgekom as ’n baie goed-afgerigte span.

Die o.20-span, wat tans nie op volle sterkte is nie, het Vrydagaand vir NNK B 27-5 in Parow gewen.

Jong spelers word uitgenooi na oefeninge op Dinsdae en Donderdae om 18:30 op die Boy Louw-velde.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za