Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose blom

Rose blom
 
2010-04-15


DIE twee Bolandse klubrugby-reuse van Wellington, Roses United en CPUT-Wellington Rugbyklub, was Saterdag in ’n taai Premierliga-wedstryd slaags op Pelikaanpark.

Op hul tuisveld het die Rose uiteindelik as oorwinnaars geheers met 25-20, om hul onoorwonne status voort te sit.

Beide spanne het aanvalle met selfvertroue geloods, met die gevolg dat dié koppestamp se uitslag tot reg aan die einde in die weegskaal was.

Die inklimspel deur die Rose se voorspelers, met die slot Gerhard Goosen ’n monster in dié afdeling, was uiteindelik deurslaggewend. Goosen was beslis die wenspan se speler van die wedstryd.

Nóg ’n man wat nie wou terugstaan vir die groot voorspelers van Wellington nie, is die hardwerkende flank Elrich Erasmus.

Onder die agterspelers het Percival Williams en Manie Adams die Rose met welslae op die aanval gelei.

Terwyl Williams se flink diens gesorg het dat sy agterlyn gedurig oor die voordeellyn kon kom, was Adams se gevaarlike teenaanvalle goud werd vir die tuisspan.

Uiteindelik het die Rose vier drieë ingeryg vir ’n welverdiende bonuspunt. Die driedrukkers was Ryan Jordaan, Elvin Hugo, Brandon April en Adams.

Wayne Matthee was suksesvol met een doelskop asook een strafdoel.

Eerskomende naweek geniet die Rose ’n loslootjie, voor hulle teen Saldanhabaai te staan kom op 24 April.

Op 24 April kom Wellington teen Rawsonville te staan.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za