Groot boete Pioneer Foods se voorland
2010-04-15
ALHOEWEL Pioneer Foods skynbaar ’n beter verhouding met die mededingingsowerhede wil bewerkstellig, dui alle berekeninge steeds dat hulle ’n lywige R350 miljoen, en selfs meer, aan boetes sal moet opdok. Dié boetes spruit uit beweerde samespanning in die brood- én die meelbedryf. Dié maatskappy sê in ’n handelsoorsig dat sy verdienste per aandeel in die ses maande tot einde Maart weens die verwagte boetes met 50% en 70 % gaan daal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Pioneer gaan skynbaar ’n boete van R154 miljoen betaal weens die samespanning in die meulbedryf. Dié bedrag verteenwoordig 8,5% van die R8,5 miljard inkomste in 2006. Die Mededingingskommissie probeer intussen om die broodkartel-boete te verhoog van 10% van die broodverkope tot 10% van die omset van Pioneer Foods. Dit kan dus meebring dat die boete aansienlik hoër kan wees as die huidige bedrag van R196 miljoen. Die boetes kan hulle dus selfs meer as R153 miljoen uit die sak jaag.
More
News
|