Baba dood onder trekker
2010-04-15
地 BABA is Dinsdagmiddag dood toe hy onder die wiele van 地 trekker beland het. Die voorval het Dinsdagmiddag op die plaas Helpmekaar in die Paardeberg plaasgevind terwyl Danie Alexander in 地 landery met 地 trekker gewerk het.
Sy kleinkind, die 22-maand-oue Leighano Faroa, het waarskynlik onderdeur 地 heining wat arbeidershuise en die landery skei, geklouter, sonder dat sy oupa hom gesien het. Hy het onder die wiele van die trekker beland en is op slag dood.
More
News
|