Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fokus op landbou die naweek

Fokus op landbou die naweek
 
2010-04-15


DIE tweede Agri Cape Week wat van 15 tot 17 April by Boland Landbouskool aangebied word, bied geleentheid vir produsente van vrugte, wyn en groente om ’n oorsig te kry van die jongste toerusting, inligting en tegnologie op hul gebied.

Die vermaakkomponent word ook nie agterweë gelaat nie en besoekers kan uitsien na die jaarlikse Pampoenfees, asook Boland Landbouskool se kookwater-rugbywedstryde teen Bishops (Diocesan College) die Saterdag.

Daar is ’n plaaswerf waar diere gevoer kan word, ’n veehanteringskou, ’n vurkhyserkompetisie en ’n olyfverwerkingsdag.

Ander hoogepunte is ’n konferensie vir Opkomende Landbou, ’n VinPro streeksinligtingsdag, ’n waterberaad, ’n besigheidsontbyt asook ’n damesoggend in samewerking met Tuis-tydskrif.

Veral produsente wat bestaande hulpbronne (soos leë plaashuise en staproetes) wil benut om ’n ekstra inkomste op die plaas te verdien, sal groot baat vind by die agri-toerismekonferensie en uitstalling op 16 April.

Verder sal die groeiende en toenemend gewilde olyfindustrie in Suid-Afrika ook onder bespreking kom by die Nasionale Olyfkonferensie op 15 April, met ’n hele aantal internasionale sprekers.

Vanjaar vind ’n bykomende bedryf ’n tuiste by Agri Cape Week, naamlik vleisbeeste. Die hoogtepunt van hierdie fokus is die Sussex beoordelaarskursus en -inligtingsdag, met ’n Interras-Vleisbeeskampioenskap op 15 April.

Kommersiële- sowel as opkomende landbou, plaasarbeiders, diensverskaffers, insetverskaffers, navorsers, telers, studente asook die verbruiker kan baat by die verskeidenheid uitstallings - toegang is gratis.

* Die omvattende damesprogram sluit in ’n heerlike laatontbyt op 15 April van 09:00 saam met Tuis se Tuinmedewerker, Mabel Steenkamp, wat veral fokus op pragtige praktiese tuindekor gekombineer met ’n Tuin-ekspo op die terrein.

Om 14:30 sal Charlene Thomson van St Omer Kwekery ’n aanbieding doen met kruie en ook haar genesingservaring met die dames deel. Lourette du Preez van Stellenbosch, wat bekendheid verwerf het vir haar handwerk by alle kunsmarkte landswyd sal haar handwerkgeheime met die dames deel.

Plaaswerkervroue gaan ook tydens Agri Cape Week bederf word met ’n koek-en-tee geleentheid Vrydag 16 April om 14:30 waar daar gefokus sal word op die belangrike rol wat dié vroue in hul gemeenskap speel.

Tydens hierdie geleenthede kan dames ook “inkopies” doen. ’n Verskeidenheid interessante produkte word uitgestal en te koop aangebied.

Vir besprekings vir die vrouefunksies (R60), kontak Elma by 021-863-0397 of events@agrimega.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za