DIE produksie Ma sê Pa sê trou is ’n lekker ding, deur Crucial Produksies, is op Saterdag om 19:00 by die Ou Meul-teater te sien.
Dié vertoning neem die gehoor op die lewensreis van ’n pasgetroude paartjie wat glo hulle lewe saam gaan vol maanskyn en rose wees. Dan verander ’n onverwagse oproep alles.
Brian (Lucian Albertyn) begin kuier saam met sy ongure vriende, Attie (Jerome van der Westhuizen) en Joseph (Eddie Newman) terwyl sy vrou, Suzet (Lucruisca Tier), antwoorde by haar vriendinne, Madelen (Franchureen Baartman) en Jessica (Crystal Mitchell) soek.
Selfs die pastoor (Ubuntu Tyuly) probeer dinge uitstryk, maar dan kom ’n geheim uit wat die gehoor sprakeloos laat. Die skrywer en regisseur is Lucruisca Tier. Kaartjies is R40 (geen kinders onder 10 jaar). Bespreek by 072-106-9891.