Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Propvol program by Breytenbach

Propvol program by Breytenbach
 
2010-04-15


AS jy in die agterkamer sit en gedigte skryf, maar nie die moed het om dit vir andere te wys nie, het die Breytenbach-sentrum net die antwoord vir jou.

Op17 April (vanaf 09:00 tot 17:00) bied die bekende letterkundige, Ampie Coetzee, ’n werkswinkel aan wat die vraag na wat die poësie is, sal beantwoord. Hierdie kursus het ten doel om goeie gedigte te bespreek, metafore intens te bekyk, en om kortliks kommentaar te lewer op die ingeskrewe gedigte. “Wat is poësie?” kos R250 en sluit alle materiaal en ligte etes in.

* Een van die musikale hoogtepunte op die program is ’n vertoning deur Coenie de Villiers.

Dié bekende Afrikaanse sanger sal op 24 April om 19:00 by die sentrum optree. Kaartjies is R120.

* Estelle Kenyon bied weeklikse basiese teken-klasse aan by die sentrum vir sowel opkomende as meer gevorderde kunstenaars. Tydens hierdie sessies sal die kunstenaars geleer word om lewende modelle te teken. Die kursus is R300 per maand.

Vir besprekings, kontak 021-873-2786 of stuur ’n e-pos na inf o@breyten bachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za