Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Organisasie doen goeie werk

Organisasie doen goeie werk
 
2010-04-15


EK wil graag vir die personeellede van die Drakenstein Sentrum vir Gestremdes ’n baie groot dankie sê vir hulle onbaatsugtige hulp met die versorging van my seun, Riaan Adonis, wat ’n parapleeg is.

Ek wil spesifiek vir die hoof, mev Williams, die maatskaplike werkster, mev Julies, die drywer, Walter de Waal, en die ontvangsdame, Nadia, bedank.

Die liefdevolle diens wat hul gee, sluit in tuisbesoeke en vervoer, indien nodig. Verder soek hulle ook verblyf vir gestremdes.

My seun is in 2003 deur ’n trein raakgery. Albei sy bene is geamputeer.

Hy was toe 17 en is nou 24 jaar oud.

Deur die jare het Maatskaplike Dienste vir Riaan, en vir ons gesin, deur dik en dun bygestaan.

Hul help hom ook om sy selfvertroue terug te kry, hulle staan hom met raad en daad by en kyk ook hoe hy vir ’n toekomswerk opgelei kan word.

Dit is sulke wonderlike mense wat vir ons die moed gee om aan te gaan.

Martie Jansen




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za