SONDAG 21 Maart, was ’n stil dag by Paarl Polisiestasie.
Toe ons by die toonbank aankom, was een van die beamptes besig om met vriende of familie te gesels, terwyl die ander een wel besig was met ’n saak.
Maar die twee vroulike beamptes het vir ’n ruk met mekaar gesels voordat een van hulle uiteindelik na ons gedraai het.
Ons was twee ouerige dames en het stasie toe gegaan om afskrifte van ons identiteitsdokumente te laat sertifiseer vir mediese doeleindes.
Eerstens is geen goeiemôre geuiter of glimlaggie teenwoordig nie, of selfs “kan ek help” nie.
Sy vra net vir my vriendin sarkasties, “Is jy ’n man?” (Sy lyk beslis nie soos ’n man nie).
Dit was omdat my vriendin nie die woord “eggenoot” op die vorm geskrap het nie - dit was ’n totale onbeskofte, lasterlike houding.
Dankie vader dat goeie maniere vir ONS verhoed het om iets terug te sê.
Dan op ’n kortaf manier sê sy, “Gee jou ID”.
Dat so ’n bogsnuiter so moet praat met iemand soveel ouer as hulle!
Dan sê almal ons moet die polisie help en bystaan.
Nee wat dankie, ek het nou geen respek meer vir hulle nie.
Beteken woorde soos goeiemôre, asseblief en dankie nie meer iets nie, of bestaan dit nie in Engels nie?Baie ontevrede