Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarlberg-reservaat geskend

Paarlberg-reservaat geskend
 
2010-04-15


GEDURENDE die afgelope twee weke het daar ’n nuwe kraglyn verskyn teen die liglyn op Paarlberg wat die natuurlike aard en visuele aspek van die berg totaal vernietig.

As inwoner kan ek dit nie begryp dat ons beplanners/ ingenieurs nie oor die beplanningsvaardighede beskik om vanjaar die nuwe kraglyn meer sensitief te plaas nie.

Die belyning volg die pad op na die torings by tye, sny kruis en dwars oor hoeke, en skend die natuurlike omgewing tot so ’n mate dat die berg sy aantrekkingskrag totaal verloor weens die swak beplanning en uitvoering. Iemand is hiervoor verantwoordelik en spog nie met kwalifikasies rondom sensitiwiteit nie.

Paarlberg Natuurreservaat is die eiendom van die inwoners van die Paarl, en onlosmaakbaar deel van die natuurlike landskap van ons dorp.

Die instandhouding en ontwikkeling van hierdie hulpbron is in die bekwame hande van ons Stadsvader met muninisipale amptenare as kundiges om hierdie bate te bestuur.

Wat het dan hier gebeur? Is daar ’n impakstudie gedoen in terme van die Wet wat vereis dat so ’n installasie sekere prosesse moet deurgaan voordat dit uitgevoer word?

Ek is van mening dat dit beslis nie die geval hier is nie, en dat die geskende berg nou aanvaar moet word as deel van vooruitgang as resultant van uiterse swak besluitneming.

Johan Malherbe

Die munisipale woordvoerder reageer: Drakenstein Munisipaliteit het langer as ’n jaar geneem om deur al die voorgeskrewe prosedures en vereistes te werk tesame met die betrokke instansies en omgewingsbewaring.

Ná al die insette en samesprekings is dit die roete wat die munisipaliteit moes volg om toeganklikheid vir herstelwerk te verseker. Hierdie lyn vervang die bestaande ou lyn na die radiomas bo-op die berg, wat later verwyder sal word.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za