Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Strooidakkerk is nou verdeeld

Strooidakkerk is nou verdeeld
 
2010-04-15


VANAF 16 Oktober 2005 het die Strooidakkerk ’n lofwaardige inisiatief vanuit ’n plaaslike skoolsaal geloods om op ’n informele manier en sonder enige reëls en regulasies “afgedwaalde skape” na die moederkerk te probeer terug wen.

Twee jaar later met die afsterwe van een van ons leraars is die gaping gesien om, ten spyte van groot ontwrigting en ontsteltenis (en met die finansiering) van die bestaande lidmate, hierdie inisiatief, weer sonder reëls en regulasies, as ’n informele formele tweede diens in die kerk self te vestig en die Strooidakkerk was vir goed in twee geskeur – “verdeel en regeer” (Sjinese spreekwoord) en die duiwel lag breed.

Die Verlore Skaap gelykenis was met hierdie goedbeplande skuif egter omgedraai met die fokus nou na binne om eerder die sogenaamde klassieke (en verkrampte) lidmate op elke moontlike manier en geleentheid vir hierdie informele beweging te probeer wen.

So word daar met vyf Engelse kerke binne loopafstand van die Strooidakkerk af en met Afrikaans as feitlik al die lidmate se moedertaal, Engels ongevraag by elke geleentheid en diens aan ons opgedring.

Eredienste word vir weke sonder kerkraad-goedkeuring of die medewete van die gemeente met ’n ingevoerde “programme” (hoe lofwaardig ook al) vervang.

Tydens eredienste word tweegesprekke opgevoer en aanstootlike video-animasies vertoon waar netjiesgeklede klassieke kerkgangers, ouers met kinders saam met hul predikant, as verspotte karikature uitgebeeld word met die boodskap dat hul geestelike heil net daarin lê om die kansel vir ’n kitaar te verruil en om saam informeel tussen die blomme te gaan baljaar.

Engelse ”interskole musiek”, soos wyle oom Willie Malherbe dit genoem het, word week na week in ons en ons kinders se ore ingepomp.

Met ons predikant geklee soos ’n monnik (gelukkig nie soos die Pous nie) moes kerkgangers met ’n onlangse Nagmaal vir ’n halfuur eers na katedraalmusiek luister om daarna in ’n ry te staan om, sonder seremonie, hul seën met wyn en brood self te gaan ontvang van ’n diaken, ook met ’n lang kleed, en om dan op hul eie te gaan gebruik.

Met ’n deur eeue getemperde liefde vir ’n eie taal, kultuur en bedieningstyl en met die Strooidak Congregation soos tans en die onvermydelike Strooidak Conglomeration as uiteindelik en as onaanvaarbaar, het die meeste klassieke lidmate reeds uitgewyk.

Sommige het na ander NG Gemeentes oorgeloop, ander het by die “tuisbly – 9 uur – radiodiens-brigade” aangesluit en veral die jonger geslag het lidmate van charismatiese kerke geword.

Verdeel en frustreer en die duiwel lag breed.

Willie Meyer




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za