EK verwys na bewerings oor “verdeeldheid” by die Strooidakkerk.
Strooidak het die afgelope twee jaar nuwe inisiatiewe geloods soos 40 dae doelgerigte lewe, die moontlike samesmelting met Drakenstein-gemeente, en die “Shape” kursus gevolg. Wat ’n voorreg om deel hiervan te kon wees.
Verder groei ons Williston/Strooidakfees met rasse skrede. Ons was die afgelope naweek 30 Strooidakkers wat Williston toe is, ek wens u kon deel in dié mense se vreugde.
Leraars Fanie Kriel (ja hy trek soms soos ’n monnik aan), tesame met Bekker Niewoudt en Christo van Wyk (van Drakenstein) bied alles vir almal. Hulle het almal uitsonderlike genadegawes, talente en unieke style.
Hulle is gesante van God en moet deur ons almal ondersteun, bemoedig en gedra word. Wat ’n voorreg om omring te wees deur dié drie manne van God!
Mense wat ontevrede is, is onbetrokke en sal dalk gelukkiger wees elders.
Roché le Roux