Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsryers wees versigtig!

Fietsryers wees versigtig!
 
2010-04-22


DAAR is deesdae vele berigte van ernstige botsings met “onskuldige” fietsryers op ons paaie wat meestal toegeskryf word aan die onbedagsaamheid van motoriste.

Nou wil ek net vir die seun wat Dinsdag 23 Maart met sy fiets deur die motors op Van der Lingenplein gejaag het en, terwyl ek met my flikkerlig aan, besig was om stadig regs in ’n parkeerplek in te draai, aan my regterkant en voor my verbygeskuur het, en daarna ’n obsene teken aan my gewys het, sę: jy is baie gelukkig dat jy nie ’n botsing veroorsaak het nie.

Indien dit wel die geval was, sou dit seker weer my skuld as onbedagsame motoris gewees het.

Hy het daarna in een van die deurgange vir voetgangers bly voortjaag.

Verkeerswette word gruwelik deur fietsryers verontagsaam. Sover ek weet is dit onwettig om met fietse op sypaadjies te ry.Philip Barnard




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za