WANNEER sal ons Munisipaliteit wakker word? Hulle het geweet die stakings is op pad. Hoekom het hulle nie gebruik gemaak van private kontrakteurs nie?
Ek betaal byna R130 per maand vir vullisverwydering, maar twee keer hierdie maand is dit nie verwyder nie. So ek betaal meer as R60 verniet, waarvoor ek nie diens kry nie.
Ek het al drie blikke gif gekoop om my drom te spuit vir al die goggas en dit kos my al R40. Is ek dan nie geregtig om dit af te trek van my munisipale rekening nie?
J du Toit