Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kings se werknemers word ook erg geraak

Kings se werknemers word ook erg geraak
 
2010-04-22


EK was ’n werknemer by King Finansiële Dienste op Wellington. As gevolg van die likwidasie van die besigheid het ek en baie ander ons werk verloor verlede jaar.

Die vele berigte in die koerante gaan net oor die beleggers wat hoeveel geld verloor het as gevolg van die wanadministrasie of wat ook al.

Min het ons as werknemers geweet dat ons ons werk gaan verloor. Ons is net die oggend ingeroep en gesê dat die maatskappy gelikwideer is. Ons het nie geweet wat aangaan nie.

My grootste probleem op die oomblik is dat ek nie werk kry nie, omdat ek by Kings Finansiële Dienste werksaam was.

Ek het al ’n paar onderhoude probeer reël. Die eerste vraag wat hulle vra is: Waar het jy gewerk?

As ek antwoord by Kings Finansiële Dienste dan is die mense se antwoord: Jammer ons kan jou nie sien nie.

Wat ek probeer sê, is dat ons as werknemers die meeste geraak is deur die likwidasie.

Ek kry nie werk nie, en daarom kan ek nie my verband bybring nie, ek kan nie my winkelrekeningss betaal nie, wat nog te sê van kos koop.

Ons het ook belê. Ons kan ook ons huise verloor (ek weet van mense wat hulle motors verloor het).

Die laaste salaris wat ons gekry het, was Junie 2009.

Wat van ons?




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za