HJS bied aan ‘Houtkruis die musical’
2010-04-22
DIE Hoër Jongenskool Paarl bied eersdaags ’n musiekspel, “Houtkruis die musical”, aan, wat die hele land aan die praat het. Dié produksie is op die planke van Maandag 10 Mei tot Donderdag 13 Mei om 19:00 in die skoolsaal. Met die mooiste gospelmusiek in Afrikaans, soos Hierdie Kind, Via Dolorosa, Houtkruis en Die Gebed van Koos du Plessis, vertel dit die hartroerende storie van die lewe in die tyd van die Lutherse Reformasie, toe dít wat jy geglo het, jou jou lewe kon kos. Dié spel deur die HJS-seuns, sowel as meisies van La Rochelle, Hoër Meisieskool én Gimnasium, bied ’n vars, energieke uitkyk op die gebeure van daardie tyd. Die regie word behartig deur Marissa van Zyl, musiekonderwyseres by HJS. Kaartjies is R60 (R40 vir skoliere). Bespreek by 021-872-2875.
More
News
|