Laerskool loop deur onder aanslae van diewe
2010-04-22
Lise Beyers
BOEWE het die afgelope week nie net een keer by ’n Wellingtonse laerskool in gebreek nie, maar drie keer. Die pyne het verlede Woensdagnag by Hugenote Laerskool begin, toe ’n groot klip deur ’n glasvenster gegooi is en boewe hierdeur toegang gekry het tot die skool. Hulle het daarna waardevolle items soos elektroniese toerusting saamgepak, maar voordat hulle met hul buit kon vlug, het ADT se sekuriteitsbeamptes op die toneel aangekom. Die boewe het ’n stoel deur nog ’n venster gegooi en gevlug. Maar die volgende aand is hulle weer terug na die skool. Dié keer het hulle by die saal ingebreek, maar sekuriteitswagte en lede van die polisie was spoedig op die toneel, en ’n man is in hegtenis geneem. John Storm het in die hof verskyn. Hy sal waarskynlik agter tralies bly, aangesien hy ten tyde van sy arrestasie op parool was, ook vir huisbraak. Maar die blitsige optrede van sekuriteitsbeamptes en die polisie het steeds nie sy makkers gestuit nie. Maandagaand is hulle terug na die skool, waar ’n venster van ’n graad drie-klas gebreek is. Hiertydens het ’n inbreker sy hand gesny en hy het toe die klaskamer gefynkam vir ’n noodhulpkissie en sy wond gedokter. Die boewe kon egter nie toegang kry tot die res van die skool nie, want al die klaskamerdeure was gesluit. Wat wel op die toneel gevind is wat die polisie nog verder kan help met hul ondersoek, is musiek CD’s wat nie aan die skool behoort nie. By nadere ondersoek is dit vasgestel dat die CD’s vanuit ’n motor gesteel is in Bo-Burgstraat. Een van die inbrekers het waarskynlik die CD’s daar gelaat. Een van die inbrekers het waarskynlik die s daar gelaat. Skoolhoof Henry Schemper is verslae dat daar soveel aanslae gemaak is: “Elke keer word almal verontrief en dan kos dit ons honderde rande om die skade te herstel. “Maar ons is tans besig om alles in ons vermoëns te doen om die skool nog verder te beveilig.” ’n Woordvoerder van die Wellingtonse polisie, adj Celeste Barkhuizen, het gesê dat die polisie alle leidrade ondersoek. * Burglars have targeted a school in Wellington three times in one week.
More
News
|