Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wen kaartjies vir bruidsfees

Wen kaartjies vir bruidsfees
 
2005-03-17


DIE sesde unieke FAB Ekspo, Kaapstad se grootste Bruide, Mode, Skoonheid en Bykomstighede Ekspo vind weer op 2 en 3 April by die Kaapse Internasionale Konvensie Sentrum in die stad plaas en twintig gelukkige lesers kan gratis toegangskaartjies wen.

Besoekers kan uitsien na 地 fees van uitstallings wat beman word deur spesialiste in 地 wye verskeidenheid rigtings betreffende die troudag en spesiale geleenthede.

Van die Kaap se bekendste foto- en videograwe, ontwerpers, blomkunstenaars, dekor- ontwerpers, venues en alles wat 地 bruid benodig vir haar troudag, sal op tentoonstelling wees.

Besoekers word die geleentheid gebied om met nagenoeg 180 uitstallers te onderhandel oor alles wat benodig word vir die groot dag of spesiale geleentheid.

Die pragtige ekspo bied nie net slegs aan die voornemende egpaar interessanthede nie.

Enigeen wat belang stel in 地 unieke nommertjie vir 地 spesiale geleentheid soos onder meer die matriekafskeid, raad oor grimering, pragtige, eksklusiewe juweliersware, geskenke vir die bruid, haarverlengings, idees vir die troudag en so meer, sal baie baat vind deur 地 besoek.

Blomme maak ook natuurlik 地 groot deel uit van die ekspo en geen woorde kan die asemrowende kunswerke beskryf nie.

Die Ekspo bied ook, soos verlede jaar, unieke salon-tipe modeskoue waar bruide/aanddrag deur bykans al die groot ontwerpersname in die Kaap vertoon sal word.

Toegang tot die Ekspo is R35 en kaartjies kan by die deur gekoop word. Toegang sluit ook die modevertonings in.

Tien gelukkige Paarl Post lesers staan ook 地 kans om twee kompliment靡e kaartjies na die skou te wen.

Skakel die organiseerders, The Promotions Co, tel 981-4737, tussen 16:00 en 16:30 vandag en beantwoord die volgende vraag: Wat is die naam van die ekspo waar Kaapse ontwerpers hulle unieke bruide en drag vir spesiale geleenthede gaan vertoon?



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za