Brons vir Cassiem
2010-04-22
DIE Paarlse tennisspeler, Abdul Maliek Cassiem, het pas vanaf Mexiko teruggekeer waar hy ’n bronsmedalje vir Suid-Afrika verower het tydens die Wêreld Senior Tenniskampioenskappe.
Cassiem en sy spanmaat, Wayne Faver van Johannesburg, het hul land se naam hoog gehou deur al die pad tot die halfeindronde te vorder. Hoewel Cassiem en Faver in die halfeindronde vasgeval het teen die tweede gekeurde span, het dié twee Suid-Afrikaners genoeg gedoen om ’n bronsmedalje in te palm. In die enkelspel het Cassiem in die tweede ronde verloor teen die nommer vier-gekeurde speler. In die spankompetisie het die SA-span goed gevaar om tot die kwarteindronde deur te dring. Hier is die span se paadjie tot goud egter kortgeknip, met ’n naelskraapse nederlaag teen Amerika. Volgens Cassiem was die geleentheid om te kan deelneem op só ’n hoë vlak, uit die boonste rakke. “Dit was ’n wonderlike ervaring om met die bestes in die wêreld te kon meeding,” het ’n trotse Cassiem ná sy terugkeer gesê.
More
News
|