Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Kavaliers se ysters verras

Boland Kavaliers se ysters verras
 
2010-04-22

Jaco van Wyk

PASOP - die slapende reus van Suid-Afrikaanse rugby het ontwaak!

Dalk te vroeg om sulke stellings kwyt te raak?

Ná die Kavaliers se oortuigende 36-10 sege oor die Oostelike Provinsie Saterdag, kan Boland-ondersteuners vergewe word as hul optimisme vandeesweek die kar voor die perde span. Die verowering van die Vodacombeker is nou ’n realistiese moontlikheid.

Die Kavaliers het bo-aan die punteleer (suidelike afdeling) van die Vodacombeker-reeks geëindig, ná afloop van dié spogsege wat op Piketberg behaal is. Die Haaie, Vrystaat en WP lê onderskeidelik tweede, derde en vierde.

Bo-aan die punteleer van die noordelike afdeling lê die Blou Bulle, gevolg deur die Leeus, Griekwas en die Luiperds.

Saterdag het die Kavaliers eenvoudig te veel skietgoed gehad vir De Wet Barry se OP-manne. Teen rustyd was die Kavaliers reeds met 22-10 aan stuur van sake.

Puik verdediging in die tweede helfte het beteken dat OP nie ’n enkele punt in dié helfte kon aanteken nie.

Met drieë vir Boland deur Cornal Hendriks (2 drieë), Lionel Cornelius, Jeremy Plaatjies en Hyron Thyse, kon die besoekers eenvoudig nie kers vashou nie.

Jacquin Jansen het vier doelskoppe en ’n strafdoel behaal.

Ander uitblinkers vir die Kavaliers was Janro van Niekerk, Hottie Louw en Zandre Jordaan, wat oortyd in die enjinkamer gewerk het, met die plaasvervangerslot, Nikolai Blignaut, wat goed vertoon het in die laaste 20 minute. Agterlangs skakel die senterpaar van Dewey Swartbooi en PJ Vermeulen tans baie goed.

Ná sewe wedstryde in die Vodacombeker-kompetisie, vyf oorwinnings en 24 punte, het die Wynboere sterk teenstand uitgewis om tot die kwarteindronde deur te dring. Saterdag kom hulle teen die Luiperds te staan, in die stryd om ’n plek in die halfeindronde.

Dié wedstryd word Saterdag 16:00 op die Boland-stadion gespeel.

Boland se span is Janro van Niekerk, Ashton Constant, Raoul Larson, Grant le Roux, Hottie Louw (o/k), Andre du Toit, Hilton Lobberts, Zandre Jordaan, Bolla Conradie (k), Lionel Cornelius, Jeremy Plaatjies, Dewey Swartbooi, PJ Vermeulen, Cornal Hendricks, Jacquin Jansen, (reserwes) Clemen Lewis, Rossouw Kruger, Nikolai Blignaut, Wesley Kotze, Neil Papier, Danré Gerber en Hyron Thyse.

* Roses United en Wellington Rugbyklub se Boland Premierliga-wedstryde eerskomende Saterdag, is uitgestel. Die Boland Rugby-unie het alle klubrugbywedstryde uitgestel as gevolg van Boland Kavaliers se wedstryd wat Saterdag op die Boland-stadion plaasvind.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za