OP 14 Mei bied die Wellington Tuinbouvereniging ’n gratis opleidingskursus aan vir tuinwerkers en -beginners by die Breytenbach-sentrum.
Lizette Siderfin sal opleiding gee in die maak van steggies, verdeling van plante, die snoei van plante in die algemeen en vormboompies in die besonder. Allerlei tuintakies sal ook aandag geniet.
Vir verdere inligting en bespreking, skakel Lizette by 021-873-2985 of Hestie van Wyk by 082-562-7788.