GRAAG wil ek die lesers en selfoonverbruikers waarsku teen ’n “Nokia” promosie wat eintlik ’n verneukspul is.
Ek het ’n sms ontvang wat lees dat ek ’n wenner was in ’n gelukstrekking en R75 000 gewen het. Hulle voorsien jou van ’n verwysingsnommer en ’n selfoonnommer waarnatoe jy moet bel.
Ek het dadelik geweet iets is nie reg nie en dat mens nie so maklik so baie geld kan wen nie.
Tog het ek gebel waarna ’n man vir my gesê het dat ek dadelik my bankbesonderhede vir hul moet sms en dan sal die geld inbetaal word.
My dogter werk gelukkig by ’n selfoonmaatskappy en sy het dadelik die selfoonnommer probeer opspoor, maar daar was nie so ’n verbruiker nie.
Dit is nou die skelms se manier om jou bankbesonderhede te bekom en daarna is ek seker is al jou geld uit die bank onttrek.
Leser