AAN die meneer (ek was té oorbluf om sy naam te vra) wat verlede week my vullisdrom leeggemaak het vir R20, wil ek net sê dat daar min mense in die Paarl is wat so ’n onplesierige welwillendheidstaak sou verrig het vir so min geld!
Ons het 20 dae laas ’n verwydering gehad en ten spyte daarvan dat ons plastieksakke koop om al ons afval in te sit sodat die drom nie so vuil en onplesierig raak nie, word die sakke eenvoudig net oopgeskeur deur die dromkrappers en die vullis word dan net summier los in die drom gegooi - so waarom koop ons sakke? Waarvoor betaal ons vir vullisverwyderingsdienste as daar geen dienste verskaf word nie?
Huiseienaar De Villiersstraat, Paarl