Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Strooidakkerk groei

Strooidakkerk groei
 
2010-04-29


EK stem saam met Roché le Roux dat die Strooidakkerk onverdeeld is en dat daar ongekende groei in die lewens van die meeste lidmate asook die kerk self is.

Ek is baie seker dat daar eendag in die hemel nie net Afrikaans gepraat en psalms en gesange gesing gaan word nie. God se koninkryk is mos vir alle “shapes and sizes”, kleure, tale en style.

By die Strooidakkerk kan ons “oefen” vir die hemel, en is dit nie ’n fees nie! Nooit is dit meer vervelig om kerk by te woon nie. Selfs tieners is bereid om vroeg op te staan om agtuur in die kerk te wees.

Ons as lidmate word deur ons predikante aangemoedig om “kerk daarbuite” te wees.

Maretha Maartens sê: “Dis makliker om by tradisies te hou as om die sout van die aarde te wees. Genade maak nie optelsomme nie, ken geen klasse- en kultuurverskille nie en vergeet van die verlede. Liefde is nie logika nie; die liefde wat van God af kom, is blinde gehoorsaamheid”. Ons predikante vra vir leiding van die Heilige Gees en het daarom die “guts” om anders te wees.

Laat ons eerder vir hulle bid as om hulle te kritiseer, want hulle is net gehoorsaam aan God. God is steeds Skepper en is steeds besig om nuwe maniere te skep om mense nader aan Hom te bring. Kom ons “oefen” lekker saam vir die hemel!!

Tevrede




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za