JA nee, dis nou niks vreemds nie dat ons huishulp, wat ’n absolute engel is, en waarsonder ons (ek veral) verlore sou gewees het, deur boewe (twee sterk gewapende mans) aangerand en van haar weeklikse salaris, selfoon, trouringe en oorbelle beroof is in Allemanstraat, Suider-Paarl.
Maar natuurlik voor haar goed “gevat” is, kry sy ’n goeie opstopper, word gewurg en geskop en rondgesleep op die teerpad. So tipies die “nuwe demokratiese SA”.
As jy nie het nie; vat van hom/haar wat het, maak nie saak dat die slagoffer hard werk vir wat hy/sy besit nie. Jy, die kwaaddoener hoef nie te werk nie. Vat net wat jy wil hê van iemand wat kleiner en fyner is as jy!
Die ergste is dat daar ’n kind by was, en die doel hiervan was (natuurlik) om die kind te wys hoe dit gedoen word, sodat wanneer hy ouer is, hy die fyner kuns ken om iemand aan te rand en te beroof.
Ten spyte van die tragiese voorval, is daar tog helde, engele en goeie mense in ons ou beskadigde land.
Vir die meneer wat op Julia afgekom het, nadat die lafaarde haar daar gelos het (sy moes pleit dat hulle haar nie doodmaak nie) en haar al die pad huis toe geneem het, wil ons almal hier by die huis, baie baie dankie sê.
Julia het nie sy naam gevra nie, maar hy het twee dogters by hom gehad. Baie dankie meneer.
Mense soos jy gee mens moed om in die