Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkersunies melk ons munisipaliteite

Werkersunies melk ons munisipaliteite
 
2010-04-29


SOOS ek pas verneem het, het die munisipale vakbond Samwu en die werkgewersvereniging Salga, ’n ooreenkoms bereik oor sekere eise wat die vakbond gehad het.

Alhoewel daar geen werk en vergoeding was gedurende die staking nie, is die vakbondlede nog steeds beter daaraan toe.

Hulle breek alles in die Vallei af, bemors die strate met vullis, werk nie vir ’n paar dae nie, en kry dan nog hulle salarisse en voordele en skik met Salga oor hulle eise - dit alles word betaal met die belastingbetalers se swaarverdiende geld.

Nou moet oortyd weer betaal word aan die lede om die dorp skoon te kry, en die gebreekte goedere te vervang, weer met die belastingbetalers se geld.

Ons weet mos dat meer geld nie noodwendig enigeen harder laat werk nie, want daar moet nou planne gemaak word om volgende jaar nog meer te eis met die volgende salarisonderhandeling.

Munisipaliteite regoor die land is reeds besig om bankrot te speel, maar die unies en raadslede melk nog steeds die munisipaliteite vir meer melk en room, en in Drakenstein loop ons dieselfde paadjie.

Graag wil ek weet wanneer ons die Unie verantwoordelik kan hou vir die skade wat hulle lede aanrig - gee hulle ’n faktuur, om die koste te verhaal van hulle morsige optrede, want as dit nie gaan gebeur nie, wie gaan vir die skade betaal? Net een raaiskoot.

JC Blankenberg




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za