Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gardens kry klap van die windmeul

Gardens kry klap van die windmeul
 
2005-09-15


DIE eerste span van Young Gardens Rugbyklub het Saterdag sy ligaseisoen met ’n laagtepunt afgesluit toe hy 13-8 deur Windmeul United geklop is.

Verkeerde besluite deur die tuisspan het die wedstryd op ’n skinkbord aan die manne van die Agter-Paarl gegee.

Gardens was in die vaste skrums gans te sterk, maar die besoekers het weer die oorhand in die lynstane gehad.

Tino Prince het Gardens se drie gedruk, terwyl Jeremy Koukom met ’n skepdoel geslaag het.

Die Rooi Rose speel Saterdag in hul derby-kragmeting teen Paarl Rangers op Faurestraat Stadion.

Saterdag se program is (10:00) o.12, (11:00) o.16, (12:00) derde span, (13:00) tweede span, (14:00) veterane, (14:45) o.14, (16:00) eerste span. Toegang is R5 (R3 vir skoliere en kinders).

’n Dans sal om 20:00 by Jeff’s Pub gehou word. Toegang is R10. Derby-navrae by Chrisbin 082-713-5973 of Jonita 084-548-1378.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za