DIE bekende aktrise Joey de Koker bied stembevrydings-klasse aan en sal op 3 Mei inskrywings neem in die Historium langs die Afrikaanse Taalmuseum vanaf 11:00 tot 17:00. Op Dinsdag 4 Mei vanaf 09:00 tot 17:00 sal die klasse begin.
Die klasse sal in die Historium Konferensiesaal langs die Afrikaanse Taalmuseum aangebied word.
Die kursus sluit in stemtegnieke vir radio, verhoog, televisie en film asook voorbereiding vir redenaarskompetisies en eisteddfod-optredes.
“Veral onder die jeug is ontwikkeling van die volle stemregister noodsaaklik, ook die ontwikkeling van resonansie en artikulasie, projeksie en modulasie.
“My credo is ‘bevry jou stem, bevry jou gees,” sę De Koker.
Klasse sal ook, indien daar aanvraag daarvoor is, aandag aan Engelse uitspraak gee.
Kontak De Koker by 073-297-7077 of by 021-872-7424.