Uitblinker
2010-04-29
ANJA BARNARD van die Paarl, ’n sangstudent by Riana van Wyk Musiekskool in Brackenfell, het gekwalifiseer vir die SA span wat reis na die Worldwide Championships of Performing Arts in die VSA. Hierdie span kry die geleentheid om Suid-Afrika gedurende Julie/Augustus in Los Angeles te gaan verteenwoordig. Sy het 13 goue medaljes, drie silwer en vier brons medaljes gewen. Anja is ook onder die top 20 sangstudente by die musiekskool.
More
News
|