GEÏMPROVISEERDE teater met TheatreSports is Saterdag 1 Mei om 20:00 te sien by die Ou Meul-teater.
Twee spanne akteurs speel ’n reeks speletjies waarvan die name van die speletjies op die verhoog getrek word. Die gehoor help so bietjie om die scenarios in te kleur en die akteurs maak dadelik iets op.
Niemand weet presies wat om te verwag nie - nie eens noodwendig die mede-akteurs nie, maar die resultaat is altyd baie verstaanbaar, logies en baie, baie snaaks.
Kaartjies is R40. Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056.