Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rangers se laat-slapers eindig so-so

Paarl Rangers se laat-slapers eindig so-so
 
2005-09-15


DIE manne van Paarl Rangers Rugbyklub het Saterdag hulle 2004 seisoen gesluit, met gelykop 12-12 uitslag teen Rangers van Surrey Estate.

Dit was ’n harde wedstryd op Daljosafat Stadion waarin die humeure kort-kort opgevlam het.

Paarl Rangers het ’n baie goeie tweede ronde beleef in die WP se derde liga en kan net hulself blameer dat hulle die eerste ronde so swak gevaar het.

Dit het grootliks daartoe bygedra dat hulle sesde op die ligapunteleer geëindig het.

Joseph Joe wat sy debuut gemaak het vir die tuisspan, het een van sy span se twee drieë gedruk.

Norman Kermis het ook in die doelgebied gaan kuier en ook met ’n doelskop geslaag.

Saterdag speel Paarl Rangers teen Young Gardens in hulle jaarlikse derbystryd op die Faurestraat Stadion.

Wedstryde begin om 10:00 met die juniors, terwyl die hoofwedstyd om 16:00 sal afskop.

Alle vroue en veterane wat wil speel, kan by Donderdagaand se oefening op Daljosafat Stadion aanmeld.

Die dag word afgesluit met ’n dans by Jeff’s Pub.

Die derde divisie is deur Macassar met 92 ligapunte gewen, gevolg deur Rangers (80), Young Wesleys (68), en Windmeul United (59) vierde. Die ander Paarl spanne wat ook in dié afdeling speel, Young Gardens (42) en Riverstones (34) het onderskeidelik agste en 11de geëindig.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za