Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Volop aksie by HJS se o.15 krieketweek

Volop aksie by HJS se o.15 krieketweek
 
2005-09-15


DIE Hoër Jongenskool Paarl bied weer eersdaags sy jaarlikse o.15 kriekweek in die Paarl aan.

Ses skoolspanne sal van 23 tot 28 September aan dié toernooi op HJS se Brugstraat sportvelde deelneem danksy die borgskap van McCarthy Toyota Paarl.

Die spanne wat in aksie sal wees, is HJS Paarl, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Pinelands, Bishops en ’n Drakenstein o.14 Uitnodigingspan.

Die hoogtepunt van die toernooi is Maandag 26 September waar al ses spanne op Boland Park stadion aan ’n “Pro 20”-reeks sal deelneem.

Die finale wedstryde sal die aand onder spreiligte beslis word.

Die bepalings vir die eerste wedstryde is HJS Paarl t HS Waterkloof, Bishops t Paul Roos, Pinelands t Drakenstein o.14 Uitnodigingspan.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za