Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tragiese skietdood: Jong man sterf 17 jaar ná ongeluk

Tragiese skietdood: Jong man sterf 17 jaar ná ongeluk
 
2010-04-29

Lise Beyers

’n TRAGIESE toneel het Maandagmiddag in Noorder-Paarl afgespeel, toe ’n pagegaai verdwaas geweier het om die lyk van sy eienaar te verlaat.

Dit het gekom nadat ’n gestremde man, JC van der Westhuizen (34) van St Francislaan, Noorder-Paarl, vermoedelik sy eie lewe geneem het.

Van der Westhuizen het kort voor 16:00 sy motor oorkant ’n gunsteling-besoekplek van hom, Corner Pets, op die hoek van Jan Steyn en Skoolstraat, geparkeer.

Hierna het hy, met sy papegaai op sy skouer, in die motor gesit toe ’n skoot geklap het.

Die handwapen wat in die motor gevind is, was in Van der Westhuizen se naam geregistreer.

In ’n toestand van skok het die voël op Van der Westhuizen se skouer bly sit in die motor vir ten minste nog ’n halfuur, voordat hy gevang kon word.

Tot dusver bekend het Van der Westhuizen, wat werkloos was, geen briefie agtergelaat nie, maar ’n bebloede rekenaarskyfie om sy nek sal ontleed word om vas te stel of enige doodsboodskap agtergelaat is.

Vroeër die dag het lede van die polisie vir Van der Westhuizen aangekeer naby die Langstraat-brug in Noorder-Paarl, toe hy glo doelloos rondgery het.

Hy is ondervra en deursoek, maar weer laat gaan.

Van der Westhuizen was ’n belowende leerder aan Hoër Jongenskool in 1993, totdat ’n motor hom in Oktober van sy matriekjaar in die Paarlse Hoofstraat by Zeederbergplein van sy motorfiets afgery het.

Hierna was hy tydelik verlam en het permanente breinskade opgedoen.

Sy lewe was nooit weer dieselfde nie. Hy het swaar geloop, moeilik gepraat en sy persoonlikheid het verander.

Ten tyde van sy dood het hy saam met sy verloofde, Surita Davies, in ’n netjiese woonhuis in St Francislaan gewoon. Die twee was oënskynlik baie gelukkig en het ’n liefde vir diere gedeel.

Van der Westhuizen het wel in die verlede tekens van depressie getoon, maar volgens sy ma, Emmerencia Smit, was hy die afgelope tyd gelukkig.

“Hy was wel bekommerd omdat sy beleggings hoofsaaklik in eiendom was, maar hy het onlangs verneem een van die eiendomme is verkoop en was meer positief. Ek kan glad nie verstaan wat nou gebeur het nie.”

JC word benewens sy ma oorleef deur sy pa, Herman, voorheen eienaar van ’n supermark in die Paarl.

Sy jonger broer, Hermie, is in 2001 oorlede in ’n motorongeluk.

Die begrafnisdiens is Maandagmiddag om 15:00 in die Strooidakkerk.

* Police struggled to get access to the car in which a disabled Paarl man had committed suicide, because his aggressive pet parrot would not let them get close to the body.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za