DIE AD/HD-ondersteuningsgroep vergader op Woensdag 5 Mei vanaf 18:00 tot 20:30 by die Cheveveld se klubhuis in Meulstraat, Paarl.
’n Werkswinkel in samewerking met Famsa Drakenstein word aangebied. Die spreker, Anne Cawood, is ’n kenner van ouer-kindverhoudings en is werksaam by ’n ouerleidingkliniek in Claremont.
Haar onderwerp is: ‘All children need age appropriate boundaries’.
Bespreek voor 4 Mei by Famsa by 021-872-2700 of by Retha van Wyk by 021-872-5620. Koste is R100 per persoon en sluit ligte verversings in.