DIE Rusoord tehuis vir bejaardes in die Paarl spog met ’n pragtige muurbehangsel in hul ontvangsarea wat al die pad uit Australië kom.
Dié muurbehangsel beeld die flora van Australië uit en is geskenk aan Rusoord deur Krys Hacking, ’n vrou onbekend aan die tehuis.
Hacking skryf dat ’n vriendin, Nan Moss van Melbourne, sulke mooi stories vertel van die klompie entoesiastiese vrywilligers wat weer eens ’n tuismark ten bate van Rusoord gaan hou.
Sy het toe besluit om ’n bydrae te lewer en het dié pragtige muurbehangsel vir Rusoord gestuur.
In plaas daarvan om hierdie pragstuk te koop aan te bied het Quiltmakers van die Paarl aangebied om ’n plaasvervanger te skenk vir fondsinsameling sodat hierdie geskenk gebruik kan word as versiering van Rusoord se ontvangs.
Die huismark vind plaas vanaf 6 tot 8 Mei vanaf 10:00 tot 18:00 te Bosmanstraat 14, Paarl. Pragtige handwerke en tuisgemaakte artikels word by die mark te koop aangebied. Daar sal ook ’n teetuin wees.
Vir enige navrae, skakel gerus vir Suzette by 083-250-5005 of Maryna by 082-537-0367 of Erna by 083-556-5255.