Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wisselvallige vertonings vir skolespanne

Wisselvallige vertonings vir skolespanne
 
2010-04-29


ONDANKS wisselvalligie vertonings hier en daar, het Paarlse skole steeds goed vertoon teen meeste van die land se top spanne.

Verlede week het Hoër Jongenskool nie na verwagting vertoon teen Bishops nie, met ’n 12-11 nederlaag op Brugstraat.

Tydens die Wildeklawer-toernooi te Pretoria, het Boishaai egter hul ware kleure getoon met puik seges oor Glenwood (11-9) en Affies (13-8).

* Hoërskool Gimnasium het tydens die Wildeklawer-toernooi vasgeval teen Grey College (12-23), voor hulle afgereken het met Monument (30-16).

* Hoër Landbouskool Boland het tydens die Wildeklawer-toernooi met 3-8 vas geval teen Waterkloof en met 20-11 gewen teen HTS Middelburg.

* Paulus Joubert Sekondêr se eerste rugbyspan het onlangs, in ’n wegwedstryd, vir Cloetesville met 26-5 verslaan.

Dit was die eerste keer in jare dat dié twee spanne, wat gespeel het in ’n Sentraal I Bolandstreek-wedstryd, in ’n bekerwedstryd kragte meet.

* Saterdag, op Boland se B-veld op Wellington, het New Orleans Sekondêr met 10-10 gelykop gespeel teen Augsburg.

* Verlede Donderdag het Hoërskool Hugenote op Wellington heeltemal te veel skietgoed gehad vir Weltevrede, met ’n oortuigende 43-0 oorwinning.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za