Veelsydige Luan maak wéér stem dik
2010-04-29
DIE 13-jarige atleet, Luan van der Vyver van Laerskool Hugenote in Wellington ,het die laaste paar weke weer stem dik gemaak met die verowering van ’n handvol medaljes. Op 3 April het Luan ’n silwer medalje vir Boland verower tydens die SA Tweekampkampioenskappe te Bloemfontein en ’n dag later, tydens die Biathlé Wêreldtoer, het hy goud verwerf teen die land se beste Biathlé-atlete by die River of Joy, buite Bloemfontein. ’n Week later, op 10 April, het Luan sy goeie vorm voortgesit met ’n goue medalje tydens die WP Ope Vyfkampkampioenskappe. Vyfkamp (Modern Pentathlon) is ’n olimpiese sport wat bestaan uit skerm, swem, skiet (pistool) en hardloop (die vyfde dissipline is perdry, wat eers vanaf 18-jarige ouderdom begin).
More
News
|