Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland se hekkie-sensasie

Boland se hekkie-sensasie
 
2010-04-29

Jaco van Wyk

ONTHOU gerus die naam Jean-Maré Senekal.

In die Boland het sy nie haar gelyke op o.19-vlak, in 100m- of 400m hekkies nie.

Selfs op nasionale vlak gaan dit maar lol om dié 17-jarige Gimmie weg te hol.

Deur die loop van die jaar het Jean-Maré die tonge los gehad met haar vertonings by al wat ’n atletiek-kampioenskap is.

Met goue medaljes in die 100m en 400m hekkies tydens die Sentraal-Boland-kampioenskappe op Coetzenburg, het Jean-Maré die bal aan die rol gesit vir ’n ongelooflike jaar.

Goud in beide items tydens die Boland-kampioenskappe en Wes-Kaap-kampioenskappe het gevolg, waarna sy deelgeneem het aan die SA Skole-byeenkoms in Sasolburg.

Hier het sy haar eerste goue medalje tydens die SA’s verower, in die 400m hekkies-item.

Sy het ook ’n silwer medalje in die 100m hekkies en brons in die 4x400m aflos verower.

Tydens die Jeug en Junior SA kampioenskappe, vroeër die maand in Germiston, het Jean-Maré wéér goud verower in die 400m-hekkies, dié keer in die o.20-afdeling, met die vinnigste tyd (59,19 sekondes) die afgelope sewe jaar in Suid-Afrika deur ’n 17-jarige atleet.

Jean-Maré het ook twee silwer medaljes van Germiston af teruggebring - een vir die 100m hekkies en een vir die 4x400m-aflos.

Met haar prestasies in die 400m hekkies, het Jean-Maré gekwalifiseer vir die IAAF Junior Wêreldkampioenskappe te Moncton, Kanada, wat in Julie gaan plaasvind.

Onder afrigting van die voormalige Springbok hekkiesatleet in die jare 70’s en 80’s, Marna van der Burg, is Jean-Maré in goeie hande.

“In 100m hekkies is Jean-Maré se tegniek reeds beter as wat myne was,” sê Van der Burg trots oor haar protégé, vir wie sy reeds vanaf elfjarige ouderdom afrig.

“Maar Jean-Maré is nog ’n rowwe diamant wat geslyp moet word. Sy het byvoorbeeld nog nooit gimnasiumwerk gedoen nie, so daar is ruimte vir verbetering,” sê Van der Burg, wat op haar dag self deur die beste afrigters geslyp is.

Op 17-jarige ouderdom het Jean-Maré egter tyd aan haar kant.

“Sy is nou eers in graad 11, so sy gaan volgende jaar weer in dieselfde ouderdomsgroep meeding.

“Gelukkig vir my is Jean-Maré ’n maklike mens om mee te werk. Sy is altyd bereid om te leer,” sê Van der Burg.

“Sy glo in my as afrigter en dit maak my taak soveel makliker.”

* Jean-Maré is die welverdiende wenner van Aprilmaand se Paarl Post en Supersport Sportster van die Maand-toekenning.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za