Ludick mik vir SA-kolskoot
2010-04-29
’N LID van Nelson’s Creek Boogskietklub, Ludick Nel (graad 10) van Hoërskool Gimnasium, het die afgelope naweek deelgeneem aan die 60ste Suid-Afrikaanse Nasionale Boogskietkampioenskappe te Pretoria. Dié kampioenskappe dien as proewe vir die Olimpiese Jeug- en Kontinentale kampioenskappe. Ludick het dié geleentheid bekom ná afloop van die silwer medalje wat hy verower het tydens die Suid-Wes-Kaap Provinsiale proewe-toernooi. Dié toernooi het verlede maand plaasgevind by die Protea Boogskietklub. Ludick het tydens dié toernooi 903 punte aangeteken vir ’n vol-Fita (oor 50m en 30m) en 433 punte in die 720 ronde (50m). Ná afloop van die SA Nasionale Boogskietkampioenskappe, het Ludick goed vertoon om 1111 uit 1444 punte te skiet, met die gevolg dat hy aangewys is as die vyfde beste skut in sy kategorie, in Suid-Afrika.
More
News
|