Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Krieketklub reg vir kampioenskap

Paarl Krieketklub reg vir kampioenskap
 
2005-09-15


DIE Novel Paarl krieketspan is oorgehaal om hul slag in Pretoria te wys in die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika se jaarlikse klubkampioenskap, wat volgende week afskop.

Die groep vertrek Maandag en speel hul eerste wedstryd op Dinsdag 20 September.

Die keurders het besluit om verskeie jong spelers in te sluit, en manne soos Robin Andrews, Hein Adonis en Clayton August sal waardevolle ondervinding opdoen.

Staatmakers soos Hilton Solomon, Anwell Newman en Marco Walters sal sorg vir genoeg ervaring tussen die jong manne, terwyl groot dinge op die toernooi verwag word van spelers soos Lee-Roy Walters, Godfrey Stevens (SA o.19 speler) en Faghrie Jacobs.

Paarl se boulaanval sal gelei word deur Ultallyn Ernstzen en Newman, wat goeie ondersteuning sal verwag van Clint Philander en Denver van Reenen, terwyl kaptein Lynal Jansen en Jacobs die draaiboulwerk sal behartig.

Die span word vergesel deur vier bestuurslede en hul getroue ondersteuners.

Die volledige groep is Lynal Jansen (k), Carlo Crotz, Bobby Nicholson, Marco Walters, Lee-Roy Walters, Robin Andrews, Hilton Solomon, Ultallyn Ernstzen, Anwell Newman, Faghrie Jacobs, Clint Philander, Denver van Reenen, Clayton August, Hein Adonis en Godfrey Stevens en Angelo Carolissen (spanbestuurder).

Die Paarl-span se wedstrydprogram is (Dinsdag 20 September) Novel Paarl t Warrenton, (Woensdag 21 September) Novel Paarl t CBCOB Boksburg, (Donderdag 22 September) Novel Paarl t PHSOB, (Vrydag 23 September) Novel Paarl t Central Sports Vaal Reef, (Saterdag 24 September) Novel Paarl t Rotatrim PECC, (Sondag 25 September) Eindstryd.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za