Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike toutrekkers presteer

Plaaslike toutrekkers presteer
 
2010-04-29


MET verskeie medaljes en prestasies in die sakkie, kan Paarl Toutrekklub met trots terugkyk na ’n baie suksesvolle seisoen in 2010.

Met die toegewyde afrigting van Abrie van den Berg en sy dogter Eljo (voormalige Springbok-toutrekker), was dit vanjaar veral die seuns 520kg span, asook die dogters 480kg en 520kg spanne, wat hul opponente harde klippe laat kou het.

Dit was vanjaar Eljo se tweede jaar van afrigting en terwyl een van haar dogterspanne verlede jaar ’n silwer medalje ver-ower het tydens die SA kampioenskappe, het beide haar spanne (dogters) vanjaar ’n goue medalje verower tydens die SA’s.

Die dogters 520kg span het hul Bolandkleure verwerf en het geseëvier tydens die WP/Boland-kampioenskappe.

Tydens die SA kampioenskappe het dié span ’n goue medalje gewen.

Die dogters 480kg span het hul Bolandkleure naelskraap gemis met ’n silwer medalje tydens die WP/Boland-kampioenskappe, as gevolg van drie dogters wat griep gehad het.

Dié span het tydens die SA kampioenskappe egter nie ’n enkele trek afgestaan nie, om uiteindelik ’n goue medalje in hul gewigsklas te verower.

Terwyl die seuns 520kg span vanjaar tydens die WP/Boland-kampioenskappe hul Bolandkleure verwerf het, het hulle die bronsmedalje naelskraap gemis tydens die SA kampioenskappe.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za