Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Allandale sorg vir Streek-opskudding

Allandale sorg vir Streek-opskudding
 
2010-04-29


DIE manne van Allandale Rugbyklub het Saterdag vir die eerste groot opskudding in vanjaar se Paarl Streekliga gesorg toe hulle vir Young Standards ore aangesit het op die velde van Drakenstein-gevangenis.

Allandale het die sielkundige hupstoot van tuisveld-voordeel benut en sodoende hul wendroogte gebreek, met ’n 11-7 sege.

Allandale se senior-spelers het die sagmaakwerk gedoen, met Fonie Fortuin, Rodney Thomas en Ashwin Matjan die groot uitblinkers.

Ronnie Prins was welverdiend aangewys as die speler van die wedstryd.

Die agterste driehoek was ook in ’n verwoestende bui, met Wade Engel, Ralton Fisher en Rico Goosen die groot-gevaarmanne.

Zane Davids (1 drie en ’n strafdoel) en Boon Viljoen (1 strafdoel) was die puntemakers.

Allandale II het 5-26 vasgeval en Allandale III het 22-13 gewen.

* Laer Paarl het op die Daljosafat-gronde vir Violets 16-15 geklop, ondanks die feit dat laasgenoemde 3 drieë aangeteken het, teenoor Blues se een drie.

Laer Paarl II het 20-15 gewen en Laer Paarl III het 5-0 geseëvier.

* In ’n aanskoulike wedstryd op die Daljosafat-gronde het Vineyards Saterdag met 35-22 geseëvier teen Riverstones.

Riverstones II het 20-17 gewen en Vineyards III het 17-7 gewen.

* In het wedstryd tussen Albions en Simondium, op laasgenoemde se tuisveld, het Albions naelskraap met 15-14 gewen.

* Young Gardens het Saterdag vir Windmeul op hul tuisveld getroef met 31-26.

Gardens II het 7-5 gewen en Gardens III het 3-0 gewen.

* Pêrel United het Saterdag ’n loslootjie geniet.

) Eerskomende Saterdag (1 Mei) se wedstrydbepalings is:

Laer Paarl vs Young Gardens (Dal A); Violets vs Young Standards (Dal D); Allandale vs Riverstones (Drakenstein); Vineyards vs Albions (Dal C); Simondium vs Pêrel United (Simondium); Windmeul het ’n loslootjie.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za