Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bosman wyne vaar goed

Bosman wyne vaar goed
 
2010-04-29


DIE Bosman Family Vineyards van Wellington was die Suid Afrikaanse produsent wat die beste gevaar het met hul Bosman Family Vineyards Pinotage 2008 (93 punte) tydens die onlangse “Beverage Testing Institute” (BTI) proe wat in Chicago (VSA) gehou is.

Die BTI is ’n onafhanklike, private organisasie wat maandeliks professionele blinde proeë en resensies van drankverwante produkte doen.

Hulle het onlangs hul proeë van Suid-Afrikaanse wyne voltooi in Chicago.

Die uitslae van hierdie proeë is gepubliseer op die gewilde verbruikerswebtuiste, www.tastings.com.

Alle uitslae is uit ’n moontlike 100 punte en die Bosman Family Vineyards 2008 Adama Rooi Versnit en die Bosman Family Vineyards Cabernet Sauvignon 2007 het beide 92 punte gekry.

Wyne met uitslae tussen 90-95 word as buitengewoon (“exceptional”) geag deur die proepaneel en sou deur twee rondes van proeë gegaan het in die BTI se proelaboratorium om te verseker en te bevestig dat die wyn konstant as een van die beste wyne van die proe uitstaan.

Die BTI is in 1981 gestig met die doel om ’n regverdige en onpartydige wynresensie te bied vir die verbuiker. Vandag geld die filosofie steeds by die BTI.

As ’n koopgids, verskyn die BTI se gids gereeld in publikasies soos The Wine Enthusiast, Restaurant Hospitality, The New Yorker Magazine, Wine & Spirits, International Wine Review, Epicurious.com, All About Beer, en nog baie meer.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za