Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kyk na 2010 se oes

Kyk na 2010 se oes
 
2010-04-29


DIE Suid-Afrikaanse Wingerd- en Wynkundevereniging (SAWWV) bied op 7 Mei ’n 2010 oesoorsig te Stellenbosch aan. Die dag word aangebied by die Olive Grove Lokaal te LNR-Infruitec, Stellenbosch.

Onderwerpe wat bespreek gaan word sluit oesgrootte, huidige voorraadvlakke, verkope en die invloed van die kleiner wynoes daarop, in.

Ander onderwerpe is die uitdagings in die wingerde, redes vir die kleiner oes en hoe produsente die toestande hanteer indien dieselfde toestande weer heers. Verder kyk hulle na wat die uitdagings was en die suksesse in die kelders en die stand van die wynkwaliteit.

Die omvang van Natamisien sal ook bespreek word. Die dag word afgesluit met ’n kykie na die makro-ekonomiese impak van die wynbedryf op die SA ekonomie.

Vir die volledige program en inskrywingsvorm, besoek www.sasev.org.za, of kontak Melinda by die SAWWV kantoor (021-889-6311/12).




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za