'Vuvuzela', ’n fisieke teaterstuk
2010-05-06
VUVUZELA, ’n trotse Suid-Afrikaanse fisieke teaterstuk wat handel oor die sokkerwêreldbeker en die opspraak oor die Vuvuzela-trompet, is te sien op Saterdag 8 Mei om 14:00 en 19:00 by die Ou Meul-teater. Dit is uniek, vars en komieklik en gee ’n stem aan elke Suid-Afrikaner. Omdat dit meestal uit beweging en gebare bestaan, is dit toeganklik vir enigiemand van enige kultuur en ouderdom. Die akteurs is Lanél van der Kolff, Katja Hopkins en Deon Lourens en regie is deur Anel Joubert. Kaartjies is R50 (R40 vir skoliere en studente) en is te koop by 084-627-6550 of by die deur.
More
News
|