DIE Hoër Meisieskool Paarl hou ’n kooruitvoering op13 Mei om 19:00 onder leiding van Louna Stofberg by Huis Vergenoegd (C-blok sitkamer).
Hierdie geleentheid vorm deel van die fondsinsamelingsprojek van Huis Vergenoegd Paarl ten bate van Rusthof tehuis vir bejaardes in Paarl-Oos wat Vrydagaand tydens ’n brand deels in puin gelê is.
Kaartjies is R20 by lede van die huiskomitee, of by Chrissie Truter by 021-870-3301 of hvg2@lando.co.za vanaf 08:00 tot 13:00 daagliks.
Kontak Jeanette Fisher by 021-870-3311 of hvg3@lando.co.za of Lydia Corbett by 021-8703304 of hvg4@lando.co.za.