Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Derde museum- en erfenisekspo in Paarl

Derde museum- en erfenisekspo in Paarl
 
2010-05-06


BESOEKERS sal vanjaar weer aan interessante aktiwiteite en kompetisies kan deelneem tydens die derde Museum- en Erfenisekspo wat van Donderdag 13 Mei tot Sondag 16 Mei in Paarl Mall in die Paarl plaasvind.

Sowat twintig erfenisinstellings sal uitstal by dié ekspo.

Besoekers sal die tentoonstellings in die hoofgang van die inkopiesentrum daagliks vanaf 10:00 tot 17:00 (Sondag tot 16:00) kan besoek.

’n Hoogtepunt is ’n klassieke voertuig, Franschhoek Motormuseum se Mars-Carette wat van 1905 dateer.

Paarl Museum sal weer die Soektog-in-’n-Sandbak aanbied waar leidrade en artefakte in die sand bymekaar gepas moet word.

By die Taalmuseum se stalletjie sal besoekers die wortels van Afrikaans kan ontdek met die speel van ’n verskeie speletjies.

Ander uitstallers sluit in die Kaapse Mediese Museum, Iziko Museum, Stellenbosch Dorpsmuseum, die Hugenote Gedenkmuseum van Franschhoek, Wellington Museum en die Koringbedryfmuseum, Le Bonheur Krokodilplaas, Kleinplasie Worcester Lewende Opelugmuseum, Koinonia, die Anglo-Boereoorlogmonument, De Poort Erfenissentrum, die Paarlse Filateliste, CapeNature, Domaine Brahms Wynkelder en Victor Titus Wine Edutainment, Het Gesticht, Paarl Toerisme en Paarl Info.

Die doel van die Museum- en erfenisekspo is om museums se werksaamhede aan die publiek bekend te stel en die siening te verander dat museums stowwerige plekke is.

Die organiseerders wil met die ekspo die boodskap oordra dat museums aan die gemeenskap behoort en ouers aanmoedig om hul kinders na museums te neem om hul erfenis te ontdek en ’n trots daarvoor te ontwikkel. Daar is nog enkele plekke vir uitstallers beskikbaar.

Kontak die organiseerders, Isabeau Botha (021-872-3441) of Elizabeth Bowes (021-872-2651).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za